


Thomas & Dané
SAT - 7 Okt 2023

Die liefde is poëties
ONS STORIE
Ons storie het een aand op die dansvloer begin. Ons was beide nog studente aan die Universiteit van Noordwes. Ek het opgekyk en oorkant die dansvloer het sy gestaan, Mej. D.
Al die ander mense om haar het vervaag, en daar was sy, net sy. Dit was liefde met die eerste oogopslag vir die twee van ons, wel, ten minste vir een van ons…
"Sy het haar nommer met my geruil vir ´n gedig."
Vinnig het ons begin ontmoet vir koffie en baie besoeke op kampus. ’n Maand later het sy my aan die plaaslewe en haar gesin naby die klein dorpie, Frankfort, voorgestel. Gedurende die Covid inperkings het ek ´n volle 3 weke op Windfield deurgebring en probeer om haar ouers te beïndruk, want dit was daar wat ek besef het dat ek eendag met hulle dogter sal wil trou.
Ons het gedigte en briewe uitgeruil terwyl ons liefde in verewig opgeskryf is…
07-10-2023
TJ
Grond Pad
Op die grond pad,
bedekte lakens van sonlig
strale oor die horison.
Die groet en koms van elke dag,
die son sak oor die mielie lande.
Die oes ‘n pragspog;
geen vergelyking nie
dis hier waar ek vrede vind
dwalend opsoek na die witlig
letsels as bewys van oorlewing
met die leemtes en verhale wat vlak lê.
Die stof en die son praat in trappe van vergelyking
gevleg inmekaar,
die kuiltjie van die son is al wat oorbly,
geseënd met die hemelruim,
God’s vrede bewaar my siel,
vrede, vrede, vrede.





























